Die beheerraad van Silwerkruin-ACVV se huis vir bejaardes wil graag hul dank uitspreek teenoor die gemeenskap van Wellington vir hul ongelooflike ondersteuning gedurende die afgelope jaar.
Dit was in vele opsigte ’n uitdagende jaar wat groot eise gestel het. Die welwillendheid en ondersteuning wat so mildelik ontvang is, en so eie is aan hierdie gemeenskap, word opreg waardeer. Dit het ’n positiewe invloed op ons dienslewering gehad en die inwoners bevoordeel.
Silwerkruin wens elkeen van u ’n baie voorspoedige 2022 toe.

