Brande, oorstromings, haelskade, rooftogte, inbrake, kapings en onluste is slegs ’n paar van die risiko’s wat Suid-Afrikaners verlede jaar trotseer het.
’n Proaktiewe benadering tot risiko en deeglike beplanning kan 2022 vir verbruikers ’n jaar van volkome gemoedsrus maak.
“Dit sal nie met my gebeur nie,” is een van die grootste foute wat mense maak, en dis dikwels juis wanneer jy net gou dié kans waag; net gou iets oorslaan; net gou ’n besluit neem sonder genoegsame inligting, dat die noodlot jou tref,” sê Ricardo Coetzee, woordvoerder van Virseker. “Die goeie nuus is dat jy hierdie risiko’s – deur net ’n bietjie tyd opsy te sit, jou versekering in detail na te gaan en goed te beplan vir die jaar wat voorlê – tot ’n minimum kan beperk.”
Virseker lig die volgende punte uit wat verbruikers soms geneig is om oor te slaan:. Versekerde waarde teenoor vervangingswaarde: Maak dubbel seker dat die versekerde waarde – die bedrag waarteen jou besittings verseker is – in pas is met die vervangingswaarde, oftewel die bedrag wat dit jou sou kos om dit teen vandag se pryse te vervang.. Die verskil tussen huisinhoud- en draagbaregoedereversekering: Huisinhoudversekering dek alles wat sou uitval indien jy jou huis, motorhuis en buitegeboue se dakke sou afhaal en dit omkeer – jou meubels, huishoudelike elektroniese ware, ornamente, dus alles wat in die huis is en nie gereeld elders geneem word nie. Draagbaregoedereversekering, daarenteen, dek die goed wat jy gereeld saam met jou neem, soos jou selfoon, skootrekenaar, tabletrekenaar, kamera, handsak, horlosie en juwele.. Geboue-eienaar, huurder en regspersoon: Maak seker dat jy, in enige van hierdie rolle, jou versekeringsverpligtinge nakom; dat jy voldoende verseker is, maar geen onnodige of oorvleuelende items op jou polis het nie.. Maak seker dat jy Sasria-dekking het. Dit bied dekking vir verlies of skade aan versekerde eiendom weens burgerlike onrus, insluitend oproer, stakings en openbare wanorde. By Virseker word Sasria-dekking outomaties by jou voertuigpolis ingesluit, mits jou voertuig op die oomblik gefinansier is en jy ons daarvan in kennis stel tydens die onderskrywingsfase van jou polis. Nadat die voertuig afbetaal is, sal jou Sasria-dekking voortgaan vir so lank as wat jou versekeringspolis geldig is. Dit is egter baie belangrik om met jou versekeraar kontak te maak en dubbel seker te maak dat Sasria-dekking by jou premie ingesluit is. As jou voertuig nie gefinansier is wanneer jy die polis uitneem nie, is Sasria-dekking opsioneel en nie outomaties ingesluit nie. Dieselfde geld wanneer jy jou huis of huisinhoud verseker – Sasria-dekking is opsioneel; maak dus 100% seker.. Bepalings en byvoordele: Gaan jou versekeringspolis na vir enige byvoordele wat gratis of teen ’n klein bedrag aan jou gebied word, soos padbystand, wegsleepdienste, huisbystand (vir dienste soos loodgieters, elektrisiëns, vensterpassers en slotmakers) sowel as mediese, regs- en traumabystand en gebruik dit. Maak ook seker jy weet wat jou spesifieke dekking, bepalings en voorwaardes is.. Maak seker jou besonderhede is akkuraat en op datum. Dinge soos jou inventaris of lys versekerde items, die adres waar jou voertuig snags staan, die gereelde bestuurder en bestaande veiligheidsmaatreëls is uiters belangrik om met jou versekeraar te deel en gereeld op te dateer. Dit kan jou ’n gesonde bedrag op jou premie bespaar.. Pasgemaakte versekering: Vra jou versekeraar hoe die aanbieding by jou behoeftes en begroting aangepas kan word. Jy kan elke sent omdraai om vir nou net die mees basiese versekering vir jou voertuig en huisinhoud te kry. Dalk het jy die behoefte aan meer omvattende versekering vir jou huis, motor en besittings, tesame met ekstra produkte soos ’n persoonlike ongeluksplan, regsbystand en ’n begrafnisplan. Dalk is jy die eienaar van ’n onderneming, wat beteken dat versekering vir jou sakeonderneming dalk beter oplossings bied.. Virseker is ’n produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Bpk, ’n gemagtigde nie-lewens- finansiële-diensverskaffer (FDV-lisensienommer: 16354) Enige verwysing na “ons”, “deur” of “met” in hierdie advertensie verwys na Auto & General.




