Twee voetgangers is vandeesweek noodlottig getref deur ’n voertuig in twee afsonderlike voorvalle in die Paarl.

’n Onbekende buitelander wat in Mbekweni woon, is Maandag omstreeks 17:20 op die Agter-Paarlpad van sy fiets af gery. Volgens sers. Bernadine Arendse, ’n polisiewoordvoerder, word ’n strafbaremanslagsaak nou ondersoek.

Arendse verduidelik dat die oorledene met sy fiets op ’n nabye plaaspad gery het en by die Agter-Paarlpad wou aansluit. Hy het toe na bewering beheer oor sy fiets verloor en voor ’n voertuig ingery. Die bestuurder van die voertuig was teenwoordig op die toneel en het aan beamptes verduidelik dat hy nie betyds kon uitswaai nie.

Intussen is ’n kind Dinsdag op die Simondiumpad ook doodgery. Met die nooddienste se aankoms was die kind reeds oorlede. Daar word vermoed dat die kind in die Brickfields-informele woonbuurt gewoon het.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article