Motoriste kan nou die lang rye by die verkeersdepartement vermy en hul lisensieskyf by Pick n Pay hernu – maar teen ’n prys.
Nadat die kleinhandelaar die diens by ’n handjievol van sy winkels uitgetoets het, is dit nou by meer as 500 van sy takke beskikbaar gestel.
Buiten die koste van die hernuwing vir die lisensie self, moet motoriste ’n bykomende R250 opdok vir diensgeld en nog R100 vir koerierkoste. Motoreienaars kan die hernuwings binne die winkel registreer of aanlyn by https://pnp.claimexpert.site/register.




