Waarom is die straatligte gedurig in die donker gedeeltes van die Wemmershoek-pad tussen Boschenmeer en Val de Vie af? Dan ook van die Mall in Ceciliastraat in die rigting van die Parys-pad.
Dit was verlede jaar ook so en dra by tot ’n geweldige veiligheidsrisiko?
J.H,
Paarl
Hierdie is ’n gebied wat op die oomblik geteister word deur gereelde koperdiefstal, asook ernstige en aanhoudende vandalisering van straatbeligting-infrastruktuur. Die aanhoudende herstel van dieselfde skade oor en oor plaas groot druk op Drakenstein-munisipaliteit se begroting en die uitvoer van normale straatlig-instandhoudings.