Die afgelope naweek het inwoners van Drakenstein gebuk gegaan onder ’n erge hittegolf.

En met die somer wat nog nie verby is nie, lê daar nog baie warm dae voor.

Paarl Post het met die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) gesels oor maatreëls wat by skole ingestel is wanneer dit te warm is vir skoolgaan.

’n Woordvoerder van die departement, Bronagh Hammond, het laat weet: “Daar is geen spesifieke beleid oor temperature nie, maar ons versoek wel, as ’n riglyn, dat skole versigtig moet wees of hulle van buite-aktiwiteite weerhou wanneer die temperatuur 35 °C bereik.”

Sy voeg by dat buite-aktiwiteite wat spesifiek in die son plaasvind, beperk moet word. Skole moet ook leerders aanmoedig om gereeld vloeistof in te neem, sê Hammond.

  • “Leerders moet voor skool sonskerm aanwend en die nodige hoofbedekkings soos pette of hoede saambring. Ons vra ook ouers om te verstaan dat kinders aan hitte-uitput­ting kan ly, so baie rus is nodig.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article