28 Januarie 1972
Verhoogde belasting goedgekeur: Die Stadsraad het Dinsdag die begroting wat deur die Geldsakekomitee voorgelê is en waarin ’n gemiddelde verhoging van 20%-eiendomsbelasting en ’n 9,5%-verhoging van die elektrisiteitsgelde aangekondig is, goedgekeur.
Boom val op boer: ’n Bekende boer, Jan Eksteen van Uitkyk, het sy spogperde by die Malmesbury-skou gaan vertoon en is ernstig beseer terwyl hy op die baan gery het. Mnr. Eksteen en sy seun Bertus was besig om elkeen met twee perde voor die kar teen ander vertoners te kompeteer. Toe Mnr. Eksteen die paviljoen en aankondigershokkie nader, het ’n 9 duim dik spruit van ’n bloekomboom langs die baan, afgeskeur en op mnr. Eksteen se kop geval. Die spoed van die perde en die slag van die boom het hom uit die kar geslinger.
Mouse attacks big dog: While a doctor and his family in the Suider-Paarl area were having lunch yesterday, a large field mouse was suddenly spotted in the passage. It made straight for the family’s big Alsatian and attacked it. The big dog retreated and fled. The doctor realizing the mouse could be suffering from rabies, grabbed his gun and stalked the creature. He fired at it but missed. He then grabbed hold of an object and hit the mouse killing it.
Opening van nuwe polisiegeboue: 3 Maart gaan ’n groot dag in die Paarl wees. Die reuse nuwe polisiegeboue in Hoofstraat word dan amptelik deur die Minister van Polisie en Ekonomiese Sake, mnr. S.L. Muller, geopen.
Alcohol and drug problems: The abuse of drugs and alcohol is a matter of grave national concern.
Seuns moet werk: Klein boompies word dikwels beskadig in die Paarl. In die jongste voorval is twee blanke seuns in hegtenis geneem hieroor. As straf moes die twee kwaaddoeners vir een week sonder besoldiging in die Parke-afdeling dienste doen.
Farms saved: The proposed Slanghoek Dam has been abandoned and a great and utter sigh of relief has gone up among 20 Slanghoek farmers whose farms were to have been submerged had the Slanghoek Dam project gone ahead.




