Buitemuurse kunsklasse vir skoliere word vanjaar weer by die Breytenbach Kunsskool op Wellington aangebied.

Dit volg nadat die Breytenbach-sentrum op die dorp en die Jack Meyer Kunsskool in die Paarl hande gevat het.

“Saam met die Jack Meyer Kunsskool, glo ons dat die herlewing van die Breytenbach Kunsskool tot groot hoogtes gaan lei en ’n broodnodige platvorm gaan skep vir die kreatiewe jeug in die Wellington-omgewing,” sê Anne-Ghrett Erasmus van die Breytenbach Galery.

Klasse vir gr. 8 en 9 leerders begin op Dinsdag 8 Februarie van 14:30 tot 15:30 en 15:30 tot 16:30.

Daar word ook beoog om jonger leerders te akkommodeer indien daar genoeg belangstelling is.

Klasse kos R80 per les per leerder.

Vir meer inligting, kontak Anne-Ghrett Erasmus (galery@breytenbachsentrum.co.za) of Jessica Ruiters (info@breytenbachsentrum.co.za) by 021 873 2786 of 083 415 0002.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article