’n Maandagnag in Wellington kan klaarblyklik enigiets inhou! Dit nadat ’n bakkie deur die vertoonvenster van Nikki Siebritz-juweliers en Kookwater-winkel in Kerkstraat geploeg en die bestuurder weggejaag het. Dié voorval het omstreeks 22:00 gebeur en die voorval is ten volle op kamera vasgevang. Die sake-eienaar Nikkie Siebritz, wat Dinsdagoggend vroeg die skade probeer beraam het, het gesê hulle het ’n saak by die Wellington-polisie aangemeld. “Gelukkig word al ons juwele voordat ons huis toe gaan altyd in ’n kluis toegesluit,” sê hy. Daar is eers vermoed dat die skade aangerig is deur ’n dronkbestuurder wat beheer oor sy motor verloor het. Maar die video-opname laat ’n mens wonder of dit moontlik opsetlike skade was. Die opname toon hoe die bakkie nog verder oor die trappies geklim het, nadat dit tot stilstand gebring is toe die wiele alreeds op die sypaadjie beland het. Kol. Johan Barkhuizen van die Wellington-polisie sê die nommerplaat van die bakkie is geïdentifiseer en dat ’n saak van roekelose en nalatige bestuur ondersoek word. Foto: Heleen Rossouw


Dronkbestuur of opsetlik?

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article