Kom bederf jou geliefdes en vriende op Valentynsdag en luister na ’n vertoning deur sangeres en liedjieskrywer Luna Paige, en die bekende baskitaarspeler Schalk Joubert.

Luna en Schalk maak sedert 1999 saam musiek. Hul paaie het gekruis met die maak van die album Eve: Women in the garden of song. Hier het Luna haar debuut as liedjieskrywer en sangeres in die geselskap van kunstenaars soos Lesley Rae Dowling en Laurinda Hofmeyr gemaak. Sedertdien het sy vyf solo-albums, sewe enkelsnitte en ’n Sama-benoemde CD Korreltjie Kantel bekend gestel.

Sy is ook bekend as vervaardiger van en uitvoerende kunstenaar in ’n verskeidenheid van musiekteaterproduksies, waaronder die mees onlangse produksie by name van Smeltkroes in 2021 op Woordfees se opwip-televisiekanaal te siene was. Paige het in Augustus 2021 vier enkelsnitte bekend gestel in die vorm van ’n kortspeler, Behold, My Heart. Sy is van plan om deur die loop van die jaar verskeie nuwe enkelsnitte uit te reik. Sy sal haar reeks nuwe musiek afsluit met die amptelike vrystelling van haar tweede Afrikaanse album, presies 10 jaar ná die uitreik van haar eerste Afrikaanse CD en DVD, Storielied.

Kom kuier saam, kom luister na ’n verskeidenheid van nuwe musiek, ou gunstelinge – en ’n paar bekende liedjies deur die liefde geïnspireer.

Kaartjies is beskikbaar by Quicket. Vir navrae oor die spyskaart skakel 021 879 6637 of stuur e-pos na reservations@zomerlust.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article