Die 10-jarige renjaer Pieter la Grange van die Laerskool Hugo Rust het onlangs aan die Rookies-kategorie in Saldanha op die Weskus-ovaalbaan deelgeneem. Hy het vir die eerste keer in sy nuwe Volkswagen Golf stof in die ander se oë geskop. Pieter is ’n lid van Mega-oval-Kleinplasie in Worcester. Tydens sy deelname in Saldanha het hy ’n tweede plek behaal in die eerste en eindronde. Hy was eerste in die tweede en derde rondes. Algeheel het hy die eerste plek opgeraap.
Yster op die renbaan
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.