Verbruikers kan ‘n reuse verhoging in branstofpryse verwag in Maart.


Verbruikers is in vir nog ’n reuse petrolprys-skok met die geskatte verhoging in brandstofpryse van ver oor R1 per liter vir Maart. 

East Cape Fuels het sy geskatte middel-maand brandstofprysaanpassing vir Maart bekend gemaak, en dit is slegte nuus by die pompe, met ’n aansienlike prysverhoging wat geprojekteer word vir alle grade petrol, diesel en paraffien.

Petrolverbruikers kan verwag om 93 en 95 loodvryepetrol onderskeidelik met R1,23 en R1,24 per liter te sien klim.

Dieselverbruikers sal egter weer die swaarste getref word, met ’n verwagte verhoging van R1,37 per liter.

Die verwagte prysveranderings is as volg:

93 loodvrye petrol — R1,23 

95 loodvrye petrol — R1,24 

50ppm diesel — R1,37 

Paraffien — R1,31 

East Cape Fuels is ’n petroleumverskaffer wat middel van die maand prysskattings verskaf. Alhoewel dit dikwels die werklike prysverhoging onderskat het, het dit dit selde oorskat.

Met hierdie geraamde verhogings sal loodvrye 93 en 95 onderskeidelik R21,12 en R21,38 per liter kos. Die prys van diesel gaan tot R19,44 per liter styg.

Hierdie prysstygings gaan beslis ’n rippel-effek in Suid-Afrika hê, meen ekonome met veral voedselkoste wat sal styg. BusinessTech berig dat Mervyn Abrahams van die Pietermaritzburg Economic Justice and Dignity Group, het die brandstofprysstygings van 2021 reeds voedselkoste met 8,6% laat styg.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article