Daar was Dinsdagoggend ’n skoonmaak- operasie voor die deure van die Hugenote-kollege oorkant die Shell-vulstasie in Kerkstraat.

Elke dag word daar gekla oor die “wetters” wat daar slaap en mors. Dit is nie haweloses nie, hulle het wonings en familie in die dorp.

Ek ken hulle, want ek het al my hand uitgereik om hulle te help met hul dwelmverslawing. Ek het laat mnr. Botterbos daai gemors skoonmaak, want die wetstoepassers kan niks uitrig met daai “wetters” nie.

Hulle doen wat hulle toegelaat word om te doen, want geen streng optrede word toegepas nie. Wetteloos.

Ek het geleer dat van sit en staan kom niks gedaan.

Volgende op my lys om skoongemaak te word, is Hoogstraat waar ek bly, want die bome is bebos en “wetters” kom maak nou sitplek hier. Die pad self is in ’n slegte toestand. Ons as inwoners se huise is permanent onder stof weens die gebouery by Verdeau Lifestyle Estate.


Laetitia Cupido,

wellington

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article