Op 15 Februarie het die Meghal Hendricks Foundation (MHF) die eerste van drie kulturele ekskursies, in samewerking met The UduBiz Foundation en die Joodse Museum in Kaapstad, van stapel gestuur. Op dié dag het 35 leerders van Blouvlei Akademie in Wellington die ekskursie bygewoon, soos aangebied deur die museum wat deel vorm van die grade 6-, 7- en 8-kurrikulum. Die program het gehandel oor kulturele diversiteit, hoof gelowe in die wereld, anti-boelie, veroordelings en diskriminasie, xenofobie en om persoonlike waardes te bou. “Dit was ’n eer om die leerders die geleentheid en ervaring te bied. Hulle het selfs die uitsig van Tafelberg, De Goede Hoop Kasteel geniet en ons het ook hulle voorgestel aan die parlement en hooggeregshof,” het Meghal Hendricks gesê. Foto: Meghal Hendricks Foundation Facebook-blad


MHF neem kinders na museum

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article