Goeie nuus vir alle talentvolle jong sportsterre in die Drakenstein-vallei is dat Paarl Post met sy skolesportster van die jaar-kompetisie begin.

Hierdie kompetisie duur van Maart tot Oktober waartydens elke maand twee jong sportsterre, een in die hoërskool en een in die laerskool, deur ons paneel beoordelaars as maandwenners gekies sal word.

Die kompetisie is dus oop vir alle jong sportmanne en -vroue wat hul streek, provinsie of land in hul onderskeie sportkodes verteenwoordig het.

Vorige wenners van die kompetisie sluit in die Olimpiese atleet Vuyo Manyonga en Springbok-rugbyster Handré Pollard.

Skole, afrigters, onderwysers, ouers en klubs mag hul sterre benoem.

Benoemings met ’n kort motivering oor hoekom die persoon vir hierdie toekenning genomineer is, plus ’n foto, kan per e-pos aan Lise Beyers by sport@paarlpost.co.za gestuur word.

Anders kan geskrewe benoemings by ons kantoor by Newstraat 1A (langs Virgin Active-gimnasium) afgelaai word. Die maandelikse wenners sal in Paarl Post verskyn en elk ’n geskenkpakkie ontvang. Aan die einde van die jaar sal daar ’n glansgeleentheid wees waar die algehele wenners sowel as die gewildste wenner gekies sal word. Vir navrae bel Lise by 079 516 6941 of e-pos: sport@paarlpost.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article