Die bekende Radio Kalahari Orkes maak die week musiek in die Paarl en in Wellington.
Die orkes bestaan uit die alombekende Ian Roberts (stem, kitaar en fluite), Ruben Samuels (tromme en stem), Wynand Davel (viool), Barry Steenkamp (bas en stem) en Suzzi Swanepoel (stem).
Radio Kalahari Orkes se musiek strek van ’n diep gewortelde plek, wat Ghoema, Latyns en Afrikana-musiek aanneem en ook enigiets anders wat langs die grondpad te vinde is. Die groep gebruik akoestiese toerusting wat amper so oud is as hul leuse, en die musiek se klank weergalm met viool, ou kitare, penniefluitjies, mondfluitjies, bas en gazoos.
Kom kuier Vrydag (4 Maart) om 18:30 saam en kom luister na ’n verskeidenheid nuwe musiek en ou gunstelinge by Zomerlust in die Paarl en Saterdag (5 Maart) om 19:00 by die Bôrdienghuis-teater in Wellington.. Kaartjies vir die optrede by Zomerlust kos R200 en kan by Quicket gekoop word. Vir navrae oor die spyskaart en besprekings skakel 073 929 1971 of stuur e-pos na reservations@zomerlust.co.za.. Kaartjies vir die optrede by die Bôrdienghuis-teater kos R180 en kan by Jeanine by 061 156 5386 bespreek word.
Die deure open reeds om 17:00 en gaste kan dan wyn en pizza bestel.





