Die kykNET Buite Ekspo Wes-Kaap word weer vanjaar by Môreson-plaas net buite Malmesbury aangebied en dit vind plaas die naweek van 25 tot 27 Maart.
Streng Covid-19 protokols sal in plek wees, soos vereis, om almal op die terrein te beskerm .
Die ekspo beloof weer om soos altyd iets vir almal te bied. Die fokus is soos altyd op die talle buitelewe-uitstallers wat van die nuutste produkte beskikbaar het in die buitelewe- kampeer- en 4×4-mark. Onthou die geleentheid word in ’n veilige plaasatmosfeer aangebied en alle uitstallings word aangebied soos dit werklik gebruik sou word deur die koper.
Daar word weer verskeie aktiwiteite aangebied as deel van die ekspo. Hierdie jaar is Action Ford Malmesbury weer aanboord met die Ford Raptor Ervaring, waar die publiek gratis saam met ervare bestuurders kan ry en sien waartoe hierdie ongelooflike voertuig in staat is. Kom ervaar ook die gewilde helikopterritte. Daar sal weer ’n lekker braaikompetisie aangebied word saam met Jimmy’s Sauces en kykNET akteurs en moenie vergeet van ons Hankook kunstenaars wat gaan optree nie, onder andere Rooies en sy orkes, Desmond Wells, Johan Liebenberg, Wynand Windpomp, Dewald Dippenaar, Chereé, Amoré en Early B!
Kom ry ook gratis saam die immergewilde “Mnr 4×4” in sy VW Amarok – André de Villiers van André 4×4 en aanbieder van “Safari 4×4 Roetes” op kykNET. Hierdie ervaring is iets wat nie gemis mag word nie!
Oudergewoonte sal daar nie teleurgestel word met die “vloeibare verversings” nie en dit beloof om weer uit die boonste rakke te wees asook ’n groot verskeidenheid beskikbaar – enigiets van ’n verskeidenheid wyne in die Swartland Kelders-wyntuin (met heerlike kos wat hierby pas), tot bier en jou gunsteling-hardehout en nog meer. Daar sal ook ’n groot verskeidenheid kosverskaffers wees, en wie kan nou nee sê vir lekker feeskos.
Vir die dames sal daar ’n kuns- en snuffelmark wees waar daar ’n groot verskeidenheid van kwaliteit produkte beskikbaar sal wees.
Ons het ook nie vergeet van die kinders nie en daar sal ’n lekker groot pretpark wees en Lollos en Lettie verras weer die Sondagoggend met een van hulle treffervertonings.
Onthou hoewel ons baie aktiwiteite aanbied, bly die fokus natuurlik op die top klas buitelewe-uitstallings.
Beperkte kampering is beskikbaar op terrein – stuur ’n e-pos aan admin@moresonmalmesbury.co.za en dan kan die “Glamping”-tente bespreek word by ryno@you2camp.com.
Dagbesoekerkaartjies sal binnekort beskikbaar wees by ticketmaster.co.za en ook by die hekke gedurende die ekspo. Probeer aanlyn kaartjies koop indien moontlik – dit vergemaklik dinge by die hekke.
Besoek gerus die webwerf by www.ekspo.co.za en alle navrae kan gerig word aan Tersia by accounts@ekspo.co.za.




