Die laaste volmaanpiekniek van die seisoen word Vrydag 18 Maart by die Afrikaanse Taalmuseum en -monument aangebied. Dié piekniek word aan die Oesmaan gewy. Gedurende Maart is die oes van verskeie somergrane in volle gang in die land.

Somergrane is ook in hierdie tyd deur inheemse mense in ’n redelik groot gedeelte van pre-koloniale Suid-Afrika geoes.

Besoekers kan tussen 17:00 en 22:00 piekniek hou en die monument besigtig. Jy is welkom om jou eie piekniekmandjie en drankies (geen glas) te bring of by die ATM Koffiehuis by 082 216 2510 te bestel.

Toegang kos R40 per volwassene, R10 vir SA studente en pensioentrekkers, R5 vir kinders, en gratis vir kinders onder 6 jaar asook jaarpermithouers.

Kaartjies is by Computic­ket of die hek beskikbaar.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article