Suid-Afrikaners kan rekordstygings in brandstofpryse in April verwag, wat nog ’n ekonomiese skok vir verbruikers sal wees wat reeds gebuk gaan onder stygende kostes.
Die Sentrale Energiefonds (CEF) het pas sy middelmaand skatting vrygestel en voorspel, gebaseer op huidige data, dat brandstofpryse tot R24/l kan styg en diesel tot R23,60/l. Op grond van hierdie data sal 95 oktaan petrol met R2,15/l styg, 93 oktaan sal na verwagting met R2,07/l styg, diesel met tussen R2,94/l en R3,08/l en paraffien met R2,51/l.
“As dit aan die einde van die maand ‘n realiteit word, sal dit die grootste stygings in brandstofpryse in Suid-Afrika se geskiedenis wees en sal ongetwyfeld groot gevolge vir alle verbruikers en die ekonomie in die algemeen hê,” sê die Automobielvereniging (AA).
“Ons moet egter daarop let dat dit die middel-maand-vooruitsigte is, en oliepryse is vir die oomblik aansienlik besig om te wip, so daar kan nog ‘n mate van verligting wees voordat die amptelike aanpassing vir April deur die Departement van Minerale Hulpbronne en Energie aangekondig word,”
Die hoofdrywer agter die stygings is die beweging in internasionale oliepryse wat die afgelope weke tot rekordvlakke gestyg het weens die konflik in die Oekraïne en kommer oor Russiese olievoorrade. Rusland is die derde topprodusent van ru-olie en kommer oor die aanbod word gesien in verhoogde oliepryse.




