Paarl KK het verlede Sondag op die Parysveld die seisoen op ’n hoogtepunt afgesluit deur die sterk span van Vredenburg- Saldanha oortuigend met 58 lopies te klop. Dit was Paarl se sesde oorwinning in die Boland se Premierliga-kompetisie en plaas die tuisspan derde op die finale punteleer van tien spanne.
As gevolg van die reën het die wedstryd laat begin en die spanne is dus beperk tot 36 boulbeurte elk.
Paarl is ingestuur om eerste te kolf, maar ten spyte van die ongunstige omstandighede het Darryl Hendricks (48 in 41 balle) geen gras onder sy voete laat groei nie. Hy het gewys waarom hy een van die voorste kolwers in die liga is, met ’n kolfgemiddelde van 70,8 per kolfbeurt. Hendricks se 23 lopies van Riaan Smit se eerste boulbeurt (2×6, 2×4) het die grondslag gelê vir die eerstepaaltjie-vennootskap van 51 lopies met Robin Andrews. Dit was een van vele tussen dié twee die laaste klompie seisoene, maar ook die laaste, aangesien Andrews sy uittrede aangekondig het. Ander bydraes vir Paarl het gekom van Aqeeb Douman (20) en Waylain September (17), maar met ’n teiken van slegs 148 was Vredenburg-Saldanha oorgehaal om te bewys dat hul T20-sege oor die Paarliete in November geen gelukskoot was nie. Neil Lochner (2/24), Raeez Sylvester (2/27) en Gio Hulley (3/7) het die Krewe se beste boulsyfers behaal.
Kyle Solomon het in sy eerste boulbeurt toegeslaan deur ontslae te raak van die aggressiewe Devon Smit, maar dit was die Speler van die Wedstryd, Tylon Matthee (8-1-29-4), wat die besoekers se ondergang bewerkstellig het. Matthee, beslis een van die vondste van die seisoen, is bygestaan deur uitmuntende vangwerk van sy spanmaats, in besonder die vangskoot wat deur Grant Chordnum benut is..One of the Paarl Cricket Club’s stalwarts, Robin Andrews, announced his retirement from the game at Paarl’s final match of the season last Sunday.
Robin started his cricketing career at William Lloyd Primary School, where his natural flair for the game made him an automatic choice for the Boland Primary Schools team.
He excelled at inter-provincial level and it was no surprise that he was enticed to join New Orleans Secondary School. He quickly rose through the ranks to the Boland Senior School team, where he impressed with his big match temperament. And in 2007 he became a regular for Paarl Cricket Club.
Robin’s calm demeanour at the crease made it difficult for the sledgers to get under his skin and they were usually silenced by one of his boundary shots.
An officer and a gentleman, always respected by his team mates, he could always be relied upon at executive level, where he produces the best financial reports an organisation could wish for.




