Die .38-Special-rewolwer en van die dwelms wat Maandag gevind is.

Credit: SYSTEM

Lede van die Paarl-Oos-polisie se misdaad­voorkomingseenheid saam met die misdaadintelligensie-eenheid het Maandag ’n vrou van Wisteriastraat, Magnolia vir dwelmhandel in hegtenis geneem.

Kapt. Frederick van Wyk, ’n polisiewoord­voerder, sê die inhegtenisneming kom nadat beamptes ’n lasbrief by die betrokke woning uitgevoer het. Altesaam 33 pakkies tik, 133 Mandrax-tablette, 33 daggasigarette en ’n onbekende bedrag kontant is gekry.

Beamptes het ook toegeslaan by die Springbok-woonstelle in Chicago. ’n Ongelisen­sieerde .38-Special- rewolwer met ammunisie is gevind sowel as 30 Mandrax-tablette, 10 halwe Mandrax-tablette en sewe daggasigarette.

Van Wyk sê al drie verdagtes sal onderskeidelik in die Paarl-landdroshof verskyn sodra hulle aangekla is van dié misdade.

. Members of the Paarl East police’s crime prevention unit together with the crime intelligence unit arrested a woman from Wisteria Street on Monday for dealing in drugs.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article