Lindsay Pietersen by een van werke by die uitstalling.Foto: Chantélle Hartebeest


Streng inperkingsmaatreëls twee jaar gelede – reg aan die begin van die koronavirus-pandemie – het Lindsay Pietersen op ’n reis geneem om haarself te vind. Sy het dit deur foto’s gedoen en het die afgelope naweek haar eerste solo-fotografie-uitstalling by die Breytenbach-sentrum in Wellington gehad.

Haar uitstalling fokus op die vroue van die Dwarsriviervallei buite Stellenbosch, wat hul “eie potjie krap”. Pietersen is ’n boorling van Pniël, ’n dorpie wat in die einste vallei geleë is. Sy woon vandag steeds daar en sê dis waar sy ook eendag as sy tot sterwe kom, wil lê.

“Dit is ’n fotografie-uitstalling en dit gaan oor die vroue in die Dwarsriviervallei – vroue wat hul eie potjie krap; vroue wat independent is en wat against the grain gaan en basically hul eie ding doen.”

Haar liefde vir geskiedenis en erfenis gekombineer met haar passie vir fotografie het haar aangepor om die projek aan te pak. “Tydens lockdown het ek ook maar net gesoek wie ek is en waar ek inpas. Ook, daar is nie baie verteenwoordiging oor ons [swart] mense in die omgewing nie – mense wat soos ek lyk, mense met my agtergrond, wat soos ek praat. Met die eerste fotosessie het die hele ding ontwikkel met die vroue om hulle ’n platform te gee en om hulle te verteenwoordig.”

Vir ’n oomblik word Pietersen stil en haar oë effe tranerig, terwyl sy omring is deur haar werke wat teen die muur hang. “Ek dink dit is ’n baie personal journey om hier te gekom het. En met baie van die vroumense met die fotosessie het ons ook baie diep goed gepraat. Dit beteken baie vir my. Dit is my eerste uitstalling, en hopelik is dit nie die laaste nie. Hopelik sien nog mense dit en hulle nooi ons en dan kan ons representation oor die hele Suid-Afrika heen – nie net die Kaapse Wynlande nie – kry.”. Lindsay Pietersen showcased her first solo photographic exhibition on Saturday at the Breytenbach center. The exhibition focussed on the independent women of the Dwarsriver Valley.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article