Die skrywer Constant van der Merwe sal sy spanningsverhaal Die geheim van Mussolini se kaart bespreek op die volgende byeenkoms van die Breytenbach Boekklub op Wellington.

Dit vind op Woensdag 30 Maart by die Bôrdinghuisteater by die Breytenbachsentrum in Burgerstraat plaas.

Van der Merwe sal in gesprek wees met medeskrywer Daniël Lotter.

Die boek speel deels in Suid-Afrika en deels in Rome af, en wentel rondom die geheimenisse agter ’n kaart wat lank in besit van ’n Suid-Afrikaans-Italiaanse familie was.

Die geleentheid is gratis, danksy ’n borgskap van Penguin Random House

Om plek te bespreek, bel Jessica Ruiters by 021 873 2786.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post Medical Guide – 30 April 2026
    Credit: Heleen Smit Credit: Heleen Smit

Gift this article