Op Saterdag 12 Maart het die Visarende heerlik saam jukskei gespeel op De Poort in die Paarl. Plase van so ver as Fairhills anderkant Du Toitskloof, asook Hochheim Plaas uit die Paarl, het deelgeneem. Die weer het ook lekker saamgespeel en die kuier tussen die spanne was baie positief. Jukskei is ’n heerlike sport waar kinders, pa en ma, oupa en ouma almal saam kan speel. Die laaste wedstryd was egter baie pret toe die jeug, party sommer nog baie jonk, die ouers en grootouers die stryd aangesê het. Groot was die opgewondenheid toe die jongspan die ouer garde geklop het. Visarende nooi graag ook besighede wat ’n spanbousessie wil reël om met Roan kontak te maak by 072 531 9188.Foto:


Jukskei deur oud en jonk by De Poort geniet

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article