’n Jong vrou is opgespoor ure nadat sy deur haar vervreemde kêrel ontvoer en vermoedelik verkrag is.

Die 21-jarige slagoffer se ma het het haar Donderdag 17 Maart by die Franschhoek-polisie as vermis aangemeld.

Die polisie, in samewerking met die plaaslike buurtwag, het ’n soektog na die jong vrou begin. “Hulle het haar Vrydagoggend om 09:30 in Mooiwater, Groendal, by die gewese kêrel se vriend in ’n hok opgespoor,” sê sers. Marize Mentoor, ’n polisiewoordvoerder.

“Sy het onlangs haar verhouding met die man (31) beëindig en ’n interdik teen hom verkry.

“Die interdik is op 16 Maart beteken, waarna hy baie aggressiewe gedrag teenoor haar getoon het.

“Hy het Donderdagaand tussen 20:00 en 20:40 amok by haar woning in Groendal gaan maak en haar met ’n mes gedreig en haar glo sonder haar toestemming weggevat.

“Hy het haar glo later die aand verkrag,” het Mentoor aan Paarl Post verduidelik.

Mentoor het gesê op die oog af het die vrou nie beserings nie.

Die polisie het die 31-jarige verdagte Vrydag op die toneel in hegtenis geneem.

Hy het Dinsdag (23 Maart) in die Paarl-landdroshof verskyn.

* A 21-year-old Franschhoek woman was allegedly kidnapped and raped by her estranged ex-boyfriend during the night of 17 March.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article