Water is die heel belangrikste bron vir alle wesens en moet deeglik bewaar word. Foto: Johan Dempers-fotografie

Credit: SYSTEM

Wêreldwaterdag word jaarliks op 22 Maart gevier om bewustheid oor die belangrikheid van water te wek en mense op te voed om dit spaarsaam te gebruik.

Hierdie is juis ’n fokus waarop elke huishouding hom moet toespits met die oog op die angswekkende tye enkele jaar terug toe die Bergrivier in die Paarl weens die jare lange droogte opgedroog het en Dag Zero ’n werklikheid begin word het.

Volgens wetenskaplikes is klimaatsverandering hier om te bly en die droogte gaan die gebied in die nabye toekoms immers weer tref.

Met die ook op Waterweek vandeesweek het Paarl Post vrae aan die Drakenstein-munisipaliteit, wat ons water bestuur, gerig om te hoor hoe hy hierdie geweldige waardevolle lewensbron bestuur.

Marius Wüst, direkteur van ingenieursdienste by die Drakenstein-munisipaliteit, het op die vrae reageer:Hoe ernstig neem Drakenstein sy waterhulpbronne op?


Die Drakenstein-munisipaliteit neem al Drakenstein se waterbronne baie ernstig op. Watervoorrade word noukeurig dopgehou en watergehalte word deurentyd gemonitor. Dit sluit ook in die voorkoming van die besoedeling van rouwaterbronne, wat insluit die Bergrivier se water, en water in die damme bo-op Paarlberg, Saron en Bainskloof.

Wat word gedoen om water skoon te hou, met die fokus op die Bergrivier en besoedeling?


Water uit die Bergrivier word by die Meulwater-watersuiweringswerke bo-op Paarlberg gesuiwer, gestabiliseer en ontsmet. Die gesuiwerde water word deurlopend getoets en die gehalte voldoen aan die SANS241-vereistes.

Wat word gedoen om die gemeenskap oor besparing bewus te maak?


Pamflette word elke jaar gedurende Waterweek by ons biblioteke en saam met waterrekeninge beskikbaar gestel.

Hoeveel kiloliter water gee die munisipaliteit jaarliks gratis weg?


Om hulpbehoewendes in ons gemeenskap te help, stel die munisipaliteit elke maand ses kiloliter water aan geregistreerde deernis-huishoudings beskikbaar.

Hoeveel kiloliter water word vermors met bv. lekkasies en gebarste pype en wat doen die munisipaliteit daaroor?


Water wat verlore gaan as pype bars, wissel. Die grootte van die gebarste pyp en reaksietyd om daarby uit te kom, bepaal die volume water wat wegloop. Die gemiddelde gebarste pyp kan maklik tot 250 kiloliter water vermors.


Die Drakenstein-munisipaliteit se waterverspreidingverliese is van die laagste in die Wes-Kaap en Suid-Afrika. Ons waterverspreidingverliese is 14,3%, terwyl die gemiddelde verliese in die land tans bokant 38% is.

Kan julle uit die oogpunt van die Drakenstein-munisipaliteit sê hoe belangrik dit is om hierdie hulpbron te beskerm?

Water is die belangrikste hulpbron in die munisipaliteit en alle lewe hang daarvan af. Elke druppel is belangrik en moet reg bestuur word. Vermorsing moet tot die minimum beperk word en besoedeling moet tot die uiterste beperk word. Water is lewe!.
This week is Water Week, which focuses on the importance of protecting this resource. The Drakenstein Municipality answers our questions.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article