Peter en Theresa de Villiers


‘n Geregtelike doodsondersoek tot die dood van voormalige Springbok-rugbyafrigter Peter de Villiers se vrou word deur polisie ondersoek nadat haar liggaam vandag (4 April) in ‘n swembad in Gqeberha gevind is.

Die ondersoek volg nadat die liggaam van ‘n vrou omstreeks 12:00 in die swembad by ‘n huis in Redbudstraat in Fairview gevind is. Die liggaam was as die van De Villiers se vrou geïdentifiseer, maar is nog nie deur amptelike bronne bevestig nie. 

Theresa de Villiers (62) vanaf die Paarl, het by familie in Gqeberha gekuier. Sy is deur ‘n familielid in die swembad gevind.

Die omstandighede tot die verdrinking word tans deur die polisie ondersoek en geen gemene spel word vermoed nie.

Peter is tans raadslid vir die Good-party in Drakenstein. Die party het vroeër vandag hul medelye teenoor die De Villiers-gesin betuig. 

Een van die De Villiers-egpaar se twee dogters is twee jaar gelede aan kanker dood.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article