Die Drakenstein-biblioteek in Paulusstraat, Paarl-Oos, het tydens verlede week se Biblioteekweek programme aangebied waarna die publiek uitgenooi is. Die biblioteekpersoneel het ’n plaas buite Wellington besoek, waartydens die maatskaplike werkers Heidri van der Vywer en Jaydine Bogenhagen en die gemeenskapsontwikkelingsbeampte Christopher Samuels van die departement van maatskaplike dienste praatjies gelewer het. Die skrywer Petro Gordon het gedigte voorgedra. Franzelle Coldberg, ’n maatskaplike werker van kinderwelsyn, het die week afgesluit met ’n praatjie oor kinderbeskerming en raad gegee oor mishandeling. Op die foto is Gordon saam met van die vroue wat die Biblioteekweek bygewoon het. Foto:
Biblioteekweek gevier
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.