Eugene Stapelberg is die nuutverkose voorsitter van die Wellington-belastingbetalersvereniging (WBV). Hy is ’n bekende Wellingtonner vir die afgelope 28 jaar en word geken as ’n raakvatter in die gemeenskap wat hy dien. “Die WBV sien om na die skoonheid en netheid van die dorp, om dit te behou en te verbeter. Dit is vir my ’n dierbare plig en voorreg om te verseker dat die belasting wat deur Wellingtonners betaal word vir bepaalde doelwitte en pligte aangewend word.” Die res van die WBV-komitee is onder andere Twanet Louw (ondervoorsitter), Denise Walters, Alison Turner, Allen Harris, Annamarie Wium en Nico van Zyl.
Nuwe WBV-voorsitter verkies
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.