Ná twee jaar van die pandemie kon die jaarlikse junior stadsraad sy bal weer aan die rol sit en dié dansgeleentheid geniet. Leerders van al die hoërskole in die Paarl kon sosialiseer en heerlik op die klanke van DJ Wico dans. Tussendeur het Llewellyn Stevens van die Universiteit Stellenbosch almal vermaak deur hulle lyndanspassies te leer. Op die foto is van die leerders wat die geleentheid bygewoon het.

Credit: SYSTEM

Junior stadsraad geniet dansbal

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article