‘n Familie van Piet-My-Vrou-straat in Paarl het gisteraand al hul besittings in ‘n brand verloor, insluitend hul motor.
Die huis het net voor 20:00 in vlamme uitgebreek. Die brand- en reddingsdienste van Drakenstein-munisipaliteit was op die toneel om die brand te blus.
Die oorsaak van die brand is nog onbekend. Daar is ook tot dusver geen melding gemaak van enige sterftes of beserings nie.





