Stef Kruger is Saterdag 23 April om 19:00 op die planke in die Bôrdienghuis-teater in Wellington. Kruger is die skrywer van bekende liedjies soos “Pennies op die spoor”, “Grassade in die wind” en “Tussen jou en my”. Die deure open reeds om 17:00 en gaste kan dan pizza en wyn koop. Kaartjies kos R120. Anton Goosen is op 24 April om 18:00 weer op die verhoog saam met Illimar Neitz (op kitaar) – ’n onmisbare optrede deur hierdie dinamiese duo. Die deure open reeds om 16:00. Kaartjies kos R200. Om kaartjies betyds te bespreek, kontak Jeanine by 061 156 5386.

Credit: SYSTEM

Stef Kruger sing

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article