Ná ’n feesdroogte van meer as twee jaar weens die Covid-19-pandemie, het feesgangers die afgelope naweek ingehaal met lekker jolyt by die SA Kaasfees wat Saterdag en Sondag in hul Weskus-weergawe by Groote Post naby Darling gehou is, asook by die Pinotage- & Biltongfees wat met groot welslae by Perdeberg-wynkelder buite die Paarl gehou is. En hierdie naweek kan feesgangers weer makietie hou wanneer die bekroonde SA Kaasfees weer op Sandringham naby Stellenbosch plaasvind. Hierdie fees wip op Saterdag 30 April, Sondag 1 Mei en Maandag 2 Mei vir ’n kaas-en-wyn-langnaweek. Kaartjies kos R290 p.p. per dag (toegang is gratis vir kinders 12 jaar en jonger). Die feestye is daagliks van 10:00 tot 18:00. Foto:


Fees van kaas

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article