Weens geweld en aggressiewe optrede teenoor nooddienswerkers mag metro-ambulanse nie gebiede soos Chicago in die Paarl-Oos sonder polisiebegeleiding betree nie.

Dié besluit kom van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement om sodoende sy werknemers te beskerm.

Verskeie aanvalle op noodpersoneel terwyl hulle in hierdie gebied diens gelewer het, het die owerhede genoop om hierdie besluit te neem.

Die departement het aangekondig dat die rooi-sones waar sy personeel nie alleen dienste kan lewer nie, is: Beacon Valley, Mitchells Plain (53); Tafelsig, Mitchells Plain (54); Hanover Park (19) en Chicago (9) – die syfers in hakies dui die getal noodgevalle die afgelope naweek in die gebiede aan.

Verder was daar die afgelope naweek alleen altesaam 4 483 voorvalle waarop die Wes-Kaapse regering se nooddienste moes reageer.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article