Legend Runner is een van die grootste massa-hindernispret-wedlope in Afrika. Dit is een van die hoogtepunte op die wedloopkalender vanweë die skouspelagtige ligging van dié vlagskip-geleentheid in die Paarl en die feit dat daar iets vir elke hardloper – oud en jonk – is.
Duisende hardlopers voltooi elke jaar die wedloop, wat vanjaar op 7 Mei in die Paarl aangebied word.
Legend Runner het dus ’n nasionaal bekende handelsmerk geword wat nie net oor hardloop gaan nie, maar ook om werklike netwerkgeleenthede deur sport te skep. In wese word op 80% van die algemene publiek gefokus aangesien Legend Runner ’n poort is waardeur mense fiks word deur pret te hê.
Sakeondernemings word genooi om as borg by hierdie opwindende geleentheid betrokke te raak om hul horison te verbreed en in die gemeenskap terug te ploeg.
Wat kry jy uit ’n borgskap?
. Die plesier om te weet dat jy 30 kinders vir die 2 km- Legend Runner Schools Challenge op Vrydag 6 Mei geborg het. Ons doel is om 600 kinders van 20 verskillende skole in en om die Drakenstein-omgewing te laat borg om deel te neem.. Borge kry vier komplimentêre inskrywings vir hul maatskappy om aan ons vlagskipgeleentheid, Legend Runner, deel te neem.. Ruimte om ’n gazebo of ander handelsmerktekens en vier veerbaniere in die geleentheidsarena (Faure-stadion) op te stel.. Gebruik dit as deel van jou maatskaplike verantwoordelikheid en wees deel van die grootste, lekkerste hindernis-wedloop in Afrika.
Skakel Ferdinand Rabie by 082 851 9999 vir nog inligting en borgskappe.



