Die Franschhoek-polisie het ’n tekort aan reserviste en lede van die gemeenskap is welkom om aansoek te doen.
Aansoekvorms is 24 uur by die Franschhoek-polisiekantoor beskikbaar, sê sers. Merize Mentoor, ’n woordvoerder.
Die basiese vereistes is:. Bewys van woonadres en ’n beëdigde verklaring.. Moet tussen 20 tot 50 jaar oud wees met dokumentêre bewyse.. Bewys van matrieksertifikaat of soortgelyk.. Moet minstens twee amptelike tale magtig wees, waarvan een Engels moet wees – praat, lees en skryf.. Geen kriminele rekord en geen skuldigbevindings van seksuele of strafregtelike of departementele sake nie. . Medies en fisiek bevoeg om pligte van ’n reservis uit te voer.. Geen affiliasies met politieke partye of sekerheidsmaatskappye nie.. Bel Mentoor by 082 449 8410.




