HAM se onlangse Paasfees-projek was ’n groot sukses met barmhartige skenkings vanuit die gemeenskap.


Huis Andrew Murray (HAM) se beheerraad, personeel en kinders wil graag die gemeenskap bedank wat getroue ondersteuning die afgelope Paasfeestyd getoon het.

“Die Easter Kindness-veldtog, wat onder meer toiletware, kruideniersware en Paaseiers insluit, was ’n reuse­sukses,” sê HAM se bemarkings­bestuurder, Karen Petersen.

“Ons wil graag die volgende maat­skappye bedank wat ingestem het om die Trolley Drive in hul winkels aan te bied: OK Minimark, Spar, Checkers, Pick n Pay en Kookwater. Ons sien uit na ons verdere vennootskap met julle.”

’n Spesiale dankie gaan ook aan Hedwig Moore, een van HAM se vrywilligers, wat die projek hanteer het.

Die HAM-kinder- en jeugsorgsentrum in Wellington is ’n program van Badisa, ’n organisasie sonder winsbejag, wat ’n tuiste vir 155 sorgbehoewende kinders tussen die ouderdomme van 1 en 18 bied.

Dié kinders word ingevolge die Kinderwet in die sentrum geplaas wanneer hulle wees gelaat of uit ouerlike sorg verwyder word.

“Om ten volle in die kinders se emosionele, fisieke, intellektuele en geestelike behoeftes te voorsien, is ons genoodsaak om hulp vanuit die gemeenskap te kry,” verduidelik Petersen.

“Ons volgende projek is die Winter-Kersfees-skoenboksprojek wat Saterdag 4 Junie gaan plaasvind en ook HAM se vierde dr. Andrew Murray Black Tie Dinner & Auction wat Saterdag 11 Junie by die Paarl-stadsaal teen R650 per kaartjie of R6 500 per tafel van 10 gaste gaan plaasvind.”. Indien lesers betrokke wil raak by enige van dié projekte, skakel HAM by 021 873 3834, of stuur ’n e-pos na info@andrewmurray.org.za of volg die HuisAndrewMurray Facebook-blad.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article