28 April 1972
Sokker gewild: Sokker is op die oomblik gewild in die Paarl, waar die Paarlse sokkerklub sy tiende verjaarsdag herdenk. Daar is 56 spelers vir die eerste drie spanne beskikbaar, om nie eens van die baie jongelinge te praat wat vir die onder 14-spannetjie speel nie. Op die vergadering van die Stadsraad Dinsdag, is vermeld dat die Munisipaliteit heelwat werk aan die sokkerveld wil laat verrig. Hulle wil glo R5 000 daar spandeer om verbeterings aan te bring.
Chase after handbag thief: A woman bank official of 20, whose name was not disclosed, was robbed of her handbag in broad daylight this week. A man came from behind, seized her bag and ran off. The bag contained an important key of the bank, a cheque book and a savingsbook. The robbery occurred practically next to the homes of Capt. M. Badenhorst and Sgt. H. Nimb, both of the Paarl police, in Aurora Street, with several people about.
Miljoen rand se wins: Die direksie van Boland Bank kondig aan dat die stabiele groei in winste weer eens gehandhaaf is gedurende die finansiële jaar geëindig 31 Maart 1972. Die ongeouditeerde gekonsolideerde wins ná belasting bedra R1 041 000 teenoor R931 500 van 1971, en verteenwoordig ’n styging van 12%. Die verdienste per aandeel het vanaf 24,1c na 27,0c per aandeel gestyg.
Death of Mr Sarel Sifrin: The funeral took place in the Jewish cemetery at Paarl on Monday of Mr Sarel Sifrin who until he left the Paarl area a number of years ago, had been a well-known businessman a Simondium for many years. He died suddenly at his home at Sea Point on Sunday at the age of 66. Mr Sifrin who came originally from Caledon, leaves his wife, a son and a daughter.
Kykies in die sportwêreld: Die 42-jarige boer van Palmiet, Klein-Drakenstein, Hermanus le Roux, is vir die sewentiende keer as ’n jukskei-Springbok bekroon. Wat hy nie van Jukskei af weet nie, is nie die moeite werd om te weet nie. Mnr Le Roux behoort oor genoeg stof te beskik om ’n boek oor jukskei te kan skryf.




