Die Hoërskool Noorder-Paarl se klas van 1971 het met die hulp van ’n ruim skenking van Gregory Fortuin, ’n klasmaat van 1971, beurse van R5 000 elk aan drie verdienstelike leerders, wat verlede jaar gematrikuleer het, oorhandig. Die skenking is ook deels om die klas van 1971 se 50-jaar-reünie te vier en hul dankbaarheid teenoor die skool te betoon. Tina Mkenen het reeds verlede jaar haar beursgeld ontvang en Jamie Lewis en Rethabile Moahloli het onlangs hul beursgeld ontvang. Van links is Tersia Jeneke en Andrew Cyster waar die tjek simbolies aan Natalie Arendse, die skoolhoof, oorhandig is.


Klas van 1971 reik uit met beursgeld

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article