Die afgelope week is altesaam 63 mense in Paarl-Oos in hegtenis geneem.
Kol. Wellington Stephans, die stasiebevelvoerder van die Paarl-Oos-polisie, sê 41 van die verdagtes het al in die hof verskyn.
Die aanklagte sluit in moord, poging tot moord, huishoudelike geweld, rig van vuurwapen, handel in drank sonder ’n lisensie, inbraak, diefstal, aanranding met die doel om ernstig te beseer, drink en dobbel in die openbaar, intimidasie, roof en dwelmverwante misdade.
Verlede Dinsdag (26 April) is twee mans van 26 en 27 jaar weens kabeldiefstal in Chicago in hegtenis geneem. Paarl-Oos se misdaadvoorkomingseenheid het die mans aangekeer. Dieselfde aand het die eenheid ook ’n 52-jarige man weens onwettige handel in drank in hegtenis geneem. Die verdagte is in Cornellisenstraat in Klein Nederburg aangekeer.
Donderdag (28 April) het die Paarl-Oos-polisie ’n gesamentlike misdaadvoorkomingsoptrede met die Mbekweni-polisie uitgevoer. In dié optrede is ’n Nigeriese inwoner weens die besit van dwelms in hegtenis geneem. Die man het 4 285 Boss-tablette met ’n straatwaarde van R242 600 by hom gehad. Die polisie het omstreeks 20:00 dieselfde aand ook in Groenheuwel toegeslaan. Twee mans en ’n vrou is vir gesteelde eiendom en ’n zip-vuurwapen in hegtenis geneem. Die verdagtes is tussen 20 en 30 jaar oud.
Twee moordsake is ook die afgelope naweek in Paarl-Oos aangemeld. Die 22-jarige Sergio Sampson is Saterdag (30 April) omstreeks 01:00 in Azaliastraat doodgeskiet. Die verdagte is geïdentifiseer as Ozey Meyer, wat in dieselfde straat woon. Stephans sê die motief vir die moord is steeds onbekend en Meyer word deur die polisie gesoek.
In ’n afsonderlike voorval is ’n 27-jarige vrou Sondagoggend (1 Mei) vir die moord op haar kêrel in hegtenis geneem. Die verdagte het glo die slagoffer ná ’n stryery doodgesteek. Die voorval het omstreeks 06:43 in Begoniastraat in Groenheuwel afgespeel. Die motief hou verband met huishoudelike sake.
Kol. Stephans vra die gemeenskap moet help met inligting wat tot die inhegtenisneming van Meyer kan lei. Enigiemand met inligting kan sers. Jacobs van Paarl-Oos polisie by 021 877 5900 of 0800 10111 kontak.. In the past week, a total of 63 people were arrested in Paarl East. Col. Wellington Stephans, the Paarl East Police Station commander, says 41 of the suspects have appeared in court.




