Die skrywer Marita van der Vyver was die eregas by die Breytenbach-boekklub in Wellington om haar jong dae memoires, ’n Baie lang brief aan my dogter, bekend te stel. So gewild is dié skrywer van onder meer Griet skryf ’n sprokie en Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom dat twee gespreksessies aangebied moes word. Die volgende spreker by die boekklub is Helena Gunter, wat Woensdag 11 Mei om 19:00 by die Breytenbach-sentrum sal gesels oor haar boek Die hart het sy redes. Die boekklub is oop vir alle lede van die publiek. Hier is Marita saam met Wellingtonner Elra Rademeyer. Foto: Engela Duvenage


Marita van der Vyfer gesels oor haar memoires

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article