Wyn is een van die fokuspunte van Hermanus FynArts as deel van ’n verkenning van van die land se beste wyne. Voeg daarby ’n paar hoëprofiel-wyn-persoonlikhede as aanbieders en ’n baie insiggewende blik sal uit verskeie oorde op die wynbedryf val.
Melvyn Minnaar, die aanbieder en self ’n wyn-foendi, sê die idee van vanjaar se sessies fokus sterk op deelname van gaste wat aangemoedig sal word om te proe en vrae te stel.
Drie bekendes in die wynbedryf sal ook hul kennis en ervarings met die gehoor deel en ses wyne elk aanbied om te proe – Danie de Wet, Heidi Duminy en Bruce Jack bring elk nie net ’n magdom kennis nie, maar ook seldsame sienings oor die beste en mees uitstaande, die ongewone maar ook die juweeltjies waarvan wynliefhebbers kennis moet neem.
Die byeenkoms is van Woensdag tot Vrydag 15 tot 17 Junie by die Wynglas in sentraal-Hermanus. Elke aanbieding van 45 minute sal om 12:00 begin.
Sitplekke vir die aanbiedings is beperk tot klein groepe. . Vir meer inligting, skakel 060 957 5371 / 028 312 2629.




