Nog ’n noodlottige ongeluk het Dinsdagaand op die Hermonpad naby Wellington gebeur.
Dit is deur die jare byna ’n maandelikse gebeurtenis.
Ons as inwoners van die gebied pleit al jare lank by die Drakenstein-munisipaliteit se verkeersafdeling asook Wes-Kaap Verkeer om iets oor die veiligheid op hierdie pad te doen.
Nie net is die padtekens en sperstrepe onvoldoende nie, maar daar is min wetstoepassing op hierdie pad waar talle motoriste dink hulle kan so vinnig jaag as wat hulle wil.
Hoeveel lewens moet nog in die slag bly?




