Verpleegpersoneel van Paarl-hospitaal is Donderdag 12 Mei op Internasionale Verpleegsterdag met ’n heerlike middagete en geskenksakke bederf. Die dag is moontlik gemaak deur borgskappe van verskeie organisasies, insluitend Gift of the Givers en Hospital Heroes. Die verpleegpersoneel is veral bedank vir hul harde werk en toewyding tydens die Covid-19-pandemie, wat dikwels lang ure en baie opofferings vereis het. Die hospitaal het by die geleentheid ook die personeel gedenk wat die afgelope twee jaar weens Covid-19 gesterf het. Van links is Khilona Radia (Hospital Heroes), sr. Heleen Nel (teater), sr. Shereen Arontjies (matrone van die kraamsaal), Ali Sablay (Gift of the Givers), sr. Anneline Jacobs (teater) en Musa Williams (Gift of the Givers).


Verpleegpersoneel kry erkenning

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article