Die misdaadvoorkomingseenheid en A-skof van Groot Drakenstein-polisie het Saterdag (14 Mei) ’n 50-jarige man in Lanquedoc in hegtenis geneem omdat hy drank sonder ’n lisensie verkoop het. Sers. Charlene Pietersen, ’n plaaslike polisiewoordvoerder, sê hulle het op altesaam sestig kiste met altesaam 5 000 liter drank beslag gelê. Die verdagte is vrygelaat met ’n boete van R2 500 en sal op ’n latere datum weer in die Franschhoek-landdroshof verskyn.

Credit: SYSTEM

50-jarige in hegtenis geneem

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article