Elke kind in die Wes-Kaap wat aan die begin van die jaar nog gesukkel het om by ’n skool geplaas te word, het uiteindelik plek gekry in ’n skool in die provinsie.
Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het dié inligting onlangs op ’n vergadering bevestig. Volgens Bronagh Hammond, woordvoerder van die WKOD, is hulle nog net besig om vier aansoeke te verwerk wat die departement onlangs ontvang het.
Die WKOD is ook daarop gefokus om nog onderwysers aan te stel ter voordeel van leerders in vaardigheidskole en spesiale skole.
Deidré Baartman, die DA se Wes-Kaapse woordvoerder oor onderwys, het onlangs in ’n verklaring gesê die departement beplan om binne die volgende drie jaar 54 ambagslui aan te stel om leerders te onderrig.
“Dit kom nadat die WKOD Dinsdag (10 Mei) aan die Provinsiale Staande Komitee oor Onderwys sy planne uiteengesit het om meer jong tegniese onderwysers na die skoolstelsel te lok, asook die pogings om hulle te bekwaam om in vaardigheidskole en skole met spesiale behoeftes te onderrig.”
Baartman voeg by dat daar tans meer as 31 000 onderwysers in die provinsie is.
“Binne die volgende 5 tot 10 jaar verwag die departement dat 19% van hierdie opvoeders die stelsel sal verlaat – wat gelykstaande is aan byna 6 000 individue.”. Every child in the Western Cape who at the beginning of the year still struggled to be placed at a school, have finally received placement at a school in the province.


