‘n Proteskonsert word beplan vir Saterdag ter ondersteuning van die Afrikaanse Taalmonument.


Herman Kleinhans
en die DA bied eerskomende Saterdag (28 Mei) ’n proteskonsert aan by Zomerlust
Boutique Hotel in die Paarl ter beskerming van die Afrikaanse
Taalmonument. 

Die voorstel dat die Afrikaanse Taalmonument se naam verander moet word, het mense van regoor die land ontstig.
Die sanger en liedjieskrywer, Herman Kleinhans, en die DA het besluit om hulle
stem dik te maak deur ’n optog, gevolg deur ’n proteskonsert, te reël wat Saterdagoggend
in die Paarl plaasvind.

Kunstenaars wat
die konsert gaan bywoon sluit, onder andere, in Herman Kleinhans, Gian Groen,
Jan Blohm, Wouter van de Venter, Churchil Naudé, Bottomless Coffee Band, Tino
Singe, Len Muller en meer. 

Wys jou sTaal is ’n inisiatief wat hom daarop skoei om
Afrikaans as ’n taal nie net te beskerm nie, maar te laat floreer.

“As ons
Afrikaans ontken, ’n taal wat oor jare deur werkende mense van verskillende
etniese groepe op lande en in fabrieke gevorm is, ontken ons die
bereidwilligheid van toekomstige samewerking wat fataal sal wees vir die land
welstand. Dus is hierdie ’n saak na aan ons hart,”
sê Herman Kleinhans, die
organiseerder van Wys jou sTaal. 

Die DA lei ’n
optog wat om 08:00 by die Strooidakkerk afskop en eindig by die proteskonsert
wat om 09:00 begin. 

Almal is welkom
en toegang is gratis.

Vir navrae,
kontak Sarel Kleinhans op 071 224 1906.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article