Die Windmeul-eierboere, beter bekend as Humpty Dumpty, is die amptelike borg van Windmeul United Rugbyklub se spoggerige ligblou kraaghemde. “Dit is net gepas dat Windmeul-boere die Windmeul-rugbyklub ondersteun,” meen Rudolph Botha (links), die produksiebestuurder. Die borgskap behels altesaam 50 kraaghemde, geborduur met albei organisasies se embleme, vir spanlede en die klub se bestuur. “Ons is baie dankbaar vir Windmeul-eiers wat binne een dag vandat ons borgbriewe uitgestuur het, ons met die geskenk beantwoord het. Dit is so goed om as bestuur en spanlede eenheid in drag met dié hemde te hê,” sê Gavin Andrews (eerstespan-bestuurder, naasregs) en Tom Davids (voorsitter, regs). Wat die foto nog meer spesiaal maak, is die breë glimlag van Patricia Koek (middel) wat binnekort ná 45 jaar diens sedert Windmeul-eiers se ontstaan, aftree.Foto: Heleen Rossouw


Humpty Dumpty borg Windmeul-rugbyklub

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article