Die organisasie Izibane Social Investment Club (Isic) nooi die gemeenskap na sy Jeugdag-pretloop Donderdag 16 Junie in die Arboretum.
Isic is ’n organisasie wat probeer om ’n verskil in die plaaslike gemeenskap te maak en om geleenthede vir jongmense te skep. Die pretloop begin om 09:00 en deelnemers moet ’n registrasiefooi van R10 betaal.
Ná die pretloop sal ligte verversings en koffie verkoop word.
Bel Ivor Collins by 083 346 3889 vir nog inligting.




