Terwyl die 2022-Kinderbeskermingsweek ten einde loop, verwelkom die bestuur van die Wes-Kaapse polisie die skuldigbevinding en vonnisoplegging in die Wes-Kaapse hooggeregshof van ’n man van die Paarl vir aanklagte wat verband hou met verkragting, skepping en besit van kinderpornografie.

Met die vonnisoplegging Vrydag 3 Junie het die regter die 52-jarige Wikus van Deventer tot 25 jaar gevangenisstraf vir kinderverkragting en agt jaar vir die skep en besit van kinderpornografie gevonnis. Drie jaar van die vonnis vir die skep en besit van kinderpornografie sal samelopend uitgedien word en dus effektief ’n tronkstraf van 30 jaar tot gevolg hê.

Die saak is in Mei verlede jaar in die Paarl geopen nadat die slagoffer se ma onraad vermoed.

Verdere ondersoek van die saak het gelei tot die ontdekking van die kind se naakte foto’s en video’s op die beskuldigde se selfoon.

Adjudant-offisier Robin Taudie van die reeks- en elektroniese misdaadondersoekeenheid (SECI) het ’n uitgebreide ondersoek begin waarin Van Deventer se selfoon vir forensiese ontleding na Pretoria gestuur is.

Die Wes-Kaapse provinsiale kommissaris, lt.genl. Thembisile Patekile, het beide die ondersoek- en vervolgingspanne geprys wat verseker het dat Van Deventer in die tronk is.

“Met die oortreder agter tralies is ons verlig omdat kinders wat in sy nabyheid was nou veilig is,” sê lt.genl. Patekile.

A 52-year-old man was sentenced to 30 years in prison.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article